INDUSTRIAL PROPERTY, POTCHINDUSTRIA Property: Portion 13 of Erf 125 Potchindustria: Measuring: ...
VIERDESTRAAT, NR 42, DE DEUR - VEREENIGING
Ligging: 42 Fourth Street, De Deur op die ou Johannesburg-pad, reg agter Fred’s Hardware.
Eiendom: Erf 42, The Balmoral Uitbreiding, Midvaal Plaaslike Munsipaliteit, Registrasie Afdeling IQ, Provinsie Gauteng: Groot: 3850 vierkante meter
Die groot erf is met ‘n heining in twee gedeel en is daar ‘n kantoorgeboutjie met groot plaveisel op die linkerkant en op die regterkantste gedeelte is daar ‘n woonhuis wat hoofsaaklik bestaan uit ‘n sitkamer, eetkamer, 2 slaapkamers (elk met badkamer, lapa met braaigeriewe asook ‘n buitekamer en motorafdak vir 2 motors.
VOORWAARDES: 10% van die koopprys en 7,5% kommissie plus BTW daarop is betaalbaar deur die KOPER by toeslaan van die bod. Balans teen registrasie, waarborge gelewer te word binne 30 dae na aanvaarding. Kopers moet ‘n bewys van woonadres en identiteit beskikbaar hê.